Letters of our Happy Guests


Beste JP, Erna, Ouma Pam en mede-personeel

Ons sou graag elke personeellid per naam wou bedank vir hulle diens, hulp en ondersteuning met die voorbereiding asook  gedurende en na die troue van Tonie en Laricha op Saterdag 19 Maart 2011. (Ons het wel ‘n lysie met al die name gehad wat Saterdag betrokke was,  maar ongelukkig iewers verloor). Baie dankie vir die ekstra myl wat elkeen bereid was om te loop – julle diens was uitstekend.

Die trou venue was in ‘n pragtige toestand – tuine mooi versorg en die ete smaaklik. Ons het werklik die funksie en verblyf by julle geniet.

Ons kan met trots se dat die troue ‘n sukses was en wil julle opreg daarvoor bedank.

Mag dit met elkeen van julle voorspoedig gaan.

Vriendelike groete.

Bertus en Louwna Thiart


Dear Erna

Just a short note to say thank you for an enjoyable Christmas lunch, we all enjoyed it very much.  Also, a mention needs to be made of the very professional service we received from Calvin, our waiter on the day.

Will you doing Christmas lunch again in 2011, if so, I would be pleased if you could let me know.

Many thanks and once again thank you for a most delicious and pleasant lunch!!!

Kind regards

Adele Clarke


Eerstens, en ek is seker ek kan  namens die hele GrandWest Exec’s (en natuurlik myself) praat.  Baie dankie vir jou en al die ander personeel wat ons deur die afgelope 3 dae gehelp, gevoed en bedien het.  Dit word hoog op prys gestel.

Tweedens, Denver Solomons, in kamer 6, het sy parfuum in die laai vergeet.  Kan julle dit asb daar hou, want hy wil sy vrou na julle toe bring vir ontbyt en sal dit dan by jou kry.  Hy sal julle self skakel.

Nogmaals dankie.

Groetnis vir eers

Marinda de Jongh


We had a wonderful and most romantic Honeymoon.  Many thanks to all of the friendly staff of the Hotel

Mr & Mrs John de Wet •  Johannesburg

Beste Erna

Ons wil net weer baie dankie sê vir hoe wonderlik julle die troue hanteer het. Ons almal het dit vreeslik waardeer en geniet. Jy was deurgaans behulpsaam en sjarmant.

Alles van die mooiste vir jou.

Warm groete

Malene en Willie